04 10 11

|MK is.

Share

03 10 11

|SALUTE

Woah! Noggie gedos nie, tel nog geld! Massiewe sukses. Van die oomblik wat ek gisteraand by die kroeg aangekom het kon ek net voel daar was iets van ‘n ander vibe inni aandlug. Dis so satisfying as die energie wat jy insit heeltemal terug gegee word deur die mense – wanneer daar net heeltemal ‘n perfekte balans is tussen party goer en party facilitator. Gisteraand se mense het genoeg energie af gegee om millitêre aanval suksesvol te verdedig. Julle’s almal legends, like seriously. Kom nou weer vanaand en moreaand, gaan verseker nog ‘n paar bands hier inkry om die ding te doen.

Lig daai drankies vriende, ons het die suits verkeerd bewys!

Salute.

Share

02 10 11

|ANGSTIG

So na al my rond gesluipery weet meeste van julle seker nou al teen die tyd dat my genius as ‘n woelige kroeg gaan manifesteer. Vir die van julle wat nou nie al weet nie, ek’t basies vir universiteit die vinger gegee, toe word ek uit my huis uitgegooi. Somehow, in daai toestand het ek ‘n helderheid in my kop gehad en ‘n soliede besigheidsplan bymekaar gegooi en na paar probeerslae, ’n lening gewax. Damn, maar nou nip ek – die erns van die saak het nou begin in sink en as ek dit nie maak werk nie dan is ek behoorlik in my moer in. Daar’s nie tyd vir twyfel nie, moet nog die finale touches op als sit voor môreaand. Drank, tunes, klank, ‘n live show… kort ‘n assistent – any volunteers? Sukses of nie, ek’t dit reg gekry om so ver te kom so nou’s dit crunch time. Dis funny, nou eye die girlies my ook sommer anders. My ex het my even gebel om te ‘hoor hoe dit gaan’, dis nooit ‘n goeie sign nie. ‘Hoor hoe dit gaan’ is net code vir ek’s desperaat en eensaam en ek reminisce oor die goeie tye en edit conveniently al die krisis tye uit sodat ons weer kan ophook. Anyway, whatever daar’s te veel ander stuff om nou aan te dink. As jy môreaand out en about is kom gryp ‘n bier, en as jy nie out en about is nie dan stel ek voor jy kruip uit jy grot van haat en depressie en kom wees plesierig. Lekker.

‘n Ou sisteem gebaseer op
eerlikheid en die gesamentelike
verslawing aan nikotien -
meeste van die tyd maak ek ‘n
Randjie of twee

Share

01 10 11

|DAAR’S ‘N PAAR OPSIES

Oh yeah. Vanoggend met die konserwatiewe bra gechat en dit lyk asof hy dik ampd is vir my jol. Hell’s Yeah mense. Nou operate ek oppie volgende level hierso – moet nou spring. Hy tune als is goed en wel, maar die area gaan essential wees, en voor hy nie weet presies waar nie, kan hy nie afteken op die lening nie. Ha! My pa en ma hulle getune dat ek nou ‘n legitimate businessman is, (Ok, ek’t so bietjie vooruit gepraat, maar ek’t daai skokkende, dramatiese effek nodig gehad) en dat ‘n mens nie altyd die konvensionele struktuur hoef te volg om ‘n gap in die mark te kan raaksien nie. Risiko en besigheid gaan saam soos vleis en aartappels! Dit mag dalk uitdraai om een van die grootste foute van my lewe te wees, maar ek reken ek’t die regte angle om dit te laat werk. Kom ons sien hoe val daai dobbelstene.

Verblyf

Share

30 9 11

|VASBYT


Na‘n paar useless vergaderings met daai tipiese old boy types wat ek haat, het ek toe by dié ou perd uitgekom. Jis, wat ‘n legende. Cool, konserwatiewe bra – en gewoonlik gaan daai twee woorde mos nie saam nie, maar hy’t so half my angle en vibe verstaan en ek dink hy kon check dat ek moerse gemotiveerd is. Ek wil nou nie die storie te ver vooruit loop nie, maar ek’t ‘n damn goeie gevoel oor die cat. Daar’s ‘n hele paar dinge wat hy voor gevra het en wat ek mis gekyk het, maar daar was genoeg logika en redenasie vir hom om die besigheidsplan tentatief te aanvaar. As dit nie hierdie ou is nie, dan’s dit die volgende ou en as dit nie hy is nie, wel dan’s dit die ou na hom. Ja bure, hou dop!

Share

29 9 11

|PRET KOM LATER


Damn… ek werk nou hard. Nie regtig tyd vir ‘n lang blog post nie, ek moet however mention dat ek regtig nie weet hoekom ek hierdie stukke teks ge-highlight het nie – lyk meer soos ‘n kleuter met kryte wat net rond gemors het. Hoekom sal enige iemand moontlik die publishing info highlight?

‘n Woelige monarch 2
excercise bike vir onder
R300 – any takers?

Dis nogals weird. Sodra jy ‘n
rede het om iets te doen, en
dit goed te doen, verander die
konteks van als heeltemal…

Share

28 9 11

|POLONY EN MAYO TOEBROODJIES?

So ek’t vanoggend gedink ek moet dalk reconcile met my pa-hulle. Nie om te buckle onder hulle verwagtinge of out dated reëls nie, maar meer net om te chat oor die toekoms en my planne. Ek kom toe by die huis aan om net so bietjie rustig te wees en my gedagtes bymekaar te kry voor my pa terug kom en toe sit daar ‘n total random bra in my kamer. Nevermind dat hy daar op my bed sit, maar dit lyk asof hy heeltemal in getrek het. Klere uitgepak, tassie netjies in die hoek en, get this, hy sit daar heeltemal casual en eet ‘n frikkin broodjie. Polony en mayo, no doubt. Ek bars daar in en hy waai vir my asof hy my vir ‘n pop vat, asof hy weet dat ek daar sou aankom en hy’t sy lunchtyd perfek ge-time net om my deliberately af te piss. What a loser. Dinge begin nou bietjie hand uit ruk hierso.

Share

27 9 11

|OU HANDBOEKE – DANK VADER.

Na die insident moes ek vinnig in aksie spring – daar was nie tyd vir selfbejammering nie. Ek line to direk garage toe om my inisiële fase van ‘n ou, vergete idee in aksie te stel. ‘n Bietjie van ‘n persoonlike navorsing session – nie ‘n Kerkhoven induced opdrag nie. Ek gaan nie nou die hele storie weg gee nie, want ek weet hoe dinge loop in hierdie dorp – almal’s vol drome en sodra jy dit vir iemand tune dan raak als twisted en jy verloor fokus. Maar ek weet vir ‘n feit dat dit sal werk – niemand het so ver die balls gehad om dit te doen nie. Voel goed om nou ampd te wees en direksie te hê vir ‘n slag. Ok, maar eers heelwat navorsing, papierwerk en fokus. Kiff

http://www.youtube.com/watch?v=4Dh1GBaJ5V0&feature=related the soothing sounds of Richard

Share

26 9 11

|VAGABOND

Ja nee, ek’s a vagabond, ‘n gypsy, ‘n nomad. Die enigste verskil tussen ek en ‘n bergie is dat ek R87 nog op my debiet kaart het. Then again, daar’s seker baie bergies wat meer as dit het. My pa het behoorlik die keer sy moer gestrip – hy’t al my shit in bokse gegooi sonder enige huiwering. Hy’t seker lekker geskrik toe hy al my random stuff sien en sommer sy besluit verder gevalidate. So, nou hoe nou? Ek’s homeless, ek’t nie cashish nie, geen chick, geen werk. Miskien is dit ‘n blessing. Tyd om nou my sokkies lekker hoog op te trek en bietjie uit te haal en te wys. Is it.

Share

25 9 11

|LOW CARB DIET


Ten speite van die uiterslike swak bui waarin ek vanoggend wakker geraak het, het ek eintlik nogals ‘n grand dag beplan. My date met Helen is net om die hoek – keep it local. Ok, ek’t nog nooit die Helen ontmoet nie, weet glad nie of sy oulik is nie. Weet ek moes die tipe vrae gevra het, maar ek was redelik warm toe die organisasies gemaak was. So ek doen toe ‘n bietjie online stalking en lyk my sy’s nie my tipe nie – man het mos sy standaarde. Anyway, in plaas dat ek nou die hele storie kanselleer soos ‘n normale bra, besluit ek toe om deur te volg omdat ek so ‘n sensitiewe ou is of miskien soek ek net ‘n bietjie simpatie of miskien wil ek net ‘n bietjie kak aan jaag. Ek skiem toe dit sal mos nou pret wees om haar na die vis shop te vat – die shop waar enigiets wat minder as ‘n week oud is, vars is. Die hele ontmoeting het toe nie so befok afgeloop nie… Sy was clearly nie te impressed met my restaurant keuse nie, en ek dink nie die plastic watch wat ek op die R2 coin-claw-game-machine gewen het was ‘n goeie touch nie.

 

Common, dit lyk heeltemal legit.

Snoekies my lanie.

Share

24 9 11

|ONVOLDOENDE FONDSE

Ek’t so half ‘n OCD ding by ATM masjiene. Ek lees ander mense se bankstate; wie’s ryk, wie chop so bietjie af. Wie gaan dit tot die einde van die maand maak, wie gaan baked beans op toast moet eet, en wie kan elke aand sushi eet en saki drink sonder ‘n worry in die wêreld. Redelik interessant. Ek’t nounet van die ATM af gekom , wou ‘n paar supplies koop vir ‘n idee wat ek het. Die masjientjie tune my, Onvoldoende Fondse. Is dit so. So ‘n swak gevoel, pure desperasie. Dis nou nie vir my so direk gesê nie, maar dis verseker my pa se werk die – hy dink mos ek spandeer al sy universiteit spaargeld op ‘useless crap’. Wel, define useless. En sommer ook ‘crap’ terwyl jy besig is.

Share

23 9 11

|GISTER SE ERTJIES


Ek’t vandag officially DIE NUUS aan my ouers gebreek tydens middag ete. Soos ek verwag het, wou my ma weet wat my redenasie is agter my “drop-out” idee en my pa het eenvoudig net opgestaan en uitgeloop. Hy’s seker op die stadium waar hy dink hy moet net moed opgee. ‘n Sensitiewe issue. Ek’s verseker nie ‘n goeie student of sportsman nie, but I have other skills & abilities I’ll have him know. Ek’s net nie in ‘n plek waar ek regtig kan presteer in die areas wat my interesseer nie. Volgende paar dae is belangrik se my horoscope, wat ‘n klompie kak. Ek’s redelik seker dat vir een 12de van die wereld se populasie sal so ‘n vae stelling waar wees – almal wil mos so voel, dat hulle lewens mening en belang het. Lame. (lig drankie) Wel, tot die volgende paar dae…

Share

22 9 11

|MA SE SEUNTJIE

So die rush waarvan ek die ander dag gepraat het, het vandag ‘n nuwe level bereik toe my ma my behoorlik uitgevang het – totally gebust. Dit was die gewone routine: vertrek dieselfde tyd as my ma, sê koebaai, wag innie bossies vir twee minute, terug in die huis, neem my posisie op die bed in, begin met die gaming session. But it was not to be. Sy vergeet toe iets by die huis en sien my boeketas in die sitkamer. Dis wat gebeur as pro’s lui raak… Die ding is, my ma was nog altyd aan my kant, maar my pa dring daarop aan dat ek iets solied agter my naam moet kry. Die hele, “So lank as wat jy onder my dak bly” routine. So vir my ma om my te bust was nie ideaal nie. Sy sê die heeltyd my pa gaan flip, so ek’t solank al die skerp voorwerpe van my kamer verwyder. Hou duim vas.

With domestic violence dwells alcohol abuse.

Share

21 9 11

|KATARSES

Daar’s iets baie kalmerend, maar tog ook stimulerend oor keëlspel. Ek weet nie hoekom nie – sport is nou regtig nie my sterkpunt nie. Dis miskien soos ‘n kroeg met ‘n slot masjien – jy’s nie noodwendig die tipe vir dobbel nie, maar daar sal ‘n tyd kom van nuuskierigheid of verveeldheid waar jy dit sal probeer. By die bowling klub waar die drank so cheap is soos chips, met ‘n mooi groen panorama kruip die spel op die ou einde onder jou vel in. Eendag stel Jean toe voor ons speel ‘n game as ‘n joke, maar nou’s dit meer ernstig as net ‘n stupid joke – ek’t my oupa raak geloop en my average game score is heelwat beter as syne, maar ek sal dit nou nie vir hom sê nie – dit sal mos nou net af-show wees.

Bly die omies soek ook vir oulike
bokkies op Fotosearch. WTF?

Ou mense like reëls.

Share

20 9 11

|HIER KOM ‘N DING

Op die ou einde van die dag, sal motivering afbetaal. Na menige weke het die briefie uiteindelik opgedaag – ’n offisiële administratiewe brief van die rektor se kantoor wat uitwys dat my gebunkery moet ent kry, or else. Wel ek’t nou nie veel om daaroor te sê nie, ek’t gewonder wanneer hulle gan wakker skrik. Die volgende stap is seker ‘n tipe dissiplinêre verhoor met my ouers… wonder of ek hulle moet sê en of ek net eerder moet wag totdat alles gelyk in my gesig opblaas. Hoe meer ek daaraan dink, hoe meer van ‘n conundrum is dit, ek wil nie onnodiglik my ouers mif maak nie, maar ek wil / kan ook nie langer die charade op hou nie. Tyd om bietjie te filosofeer met die manne en ‘n biertjie of so.

Die einste briefies wat die sekretaresses uitstuur.

Share

19 9 11

|KRINGE INNIE BOS

Een van die voordele van by die huis bly is dat daar van tyd tot tyd nog ‘n adrenalien rush of twee kan wees. Maak nie saak hoe oud mens word nie, om te bunk is nogsteeds ‘n rush. Dit het nou al teen die tyd ‘n bietjie minder van ‘n thrill geraak omdat ek‘n pro is, maar dis daar. Wonder nogsteeds na al die jare hoe my pa wat in die tuin werk nie al twee en twee bymekaar gesit het nie – my wegkruip plekkie onder die krismisrose is al heel gemaklik en uitgetrap. Ek besluit om vandag af te vat omdat ek geestelik siek voel. Dis nie veilig om nou om my te wees nie. Ek sal die veligheid, verhouding, opinies en algehele gesondheid van enige universiteit student in gevaar stel.

Bored by die huis…Hoekom het my ma fotos van die mense? Wie is hulle?

My oupa-hulle met Keither Sutherland. GROOT familie storie! Ek’t Flatliner gekyk, dit suck net soveel soos 24.

 

Share

18 9 11

|GAMES. NO GAMES.

Die enigste ding beter as ‘n groot aand, is die wete dat jy die hele volgende dag het om ‘n basiese routine te implementeer wat gebaseer is om ‘n babalas behoorlik te verpleeg. Die noodsaaklike elemente: Pynpille (Myprodol of Syndol of enige iets met ‘n gesonde dosis van codeine), genoeg koue water en jou foon. Die foon, om presies uit te figure wat gisteraand gebeur het. Bo en behalwe diē drie dinge en met min motivering om enige iets te doen behalwe om so stil as moontlik te lê, moet ‘n man probeer om n paar meer kreatiewe ondernemings aan die dag te lê. Laat ek uitbrei: 1. Die Cheesie; wat ookal brood jy kan vind topped met daai goedkoop oranje kaas van Spar – maak nie saak as daar niks oor is vir die res van die week nie – ek worry nie, my ma sal nog koop. Gooi daai cheesie onder die grill, laat hom so lekker bruin en crispy word. As als met die eerste cheesie goed verloop sal jy vind dat dit sal lei tot nog menige onbeheerbare cheesies. 2. ‘n Cream Soda, jajaja, ek weet dis die groen ambulans, maar sit hom op ys – next level. 3. ‘n Lekker hos movie, iets soos “Cocktail” met Tom. 4. Een of ander tipe game console. 5. A petrol stasie pie.

Daar is nog, maar my cheesie moet gedraai word – cheesies verg konsentrasie.

Blok dit net uit. Werk vir my.

Daar’s ‘n weird fungus wat op my mure groei…

Galaxy Invader 10000. PS4 or whatever is overrated.

Ek like my lo-fi mosaic attempt in die stort.

Share

17 9 11

|EK SIT DIE RUSSIANS DEUR COLLEGE

Het Wessel regtig met die stripper op gehook, like regtig? So, nou ja. Ons het ‘n kroeg of twee geslaan en gesettle by Genevieve’s. Lekker zef en rof, selfs vir my. Die poppies was lus vir die ding en het sommer al vroeg dit dudidelik gemaak – Wessel was die eerste casualty.

Shots begin toe vinning te vloei en die jol begin toe heel woelig raak. Ek en Jean was toe na Wessel se inspirerende sessie die tweede stel slagoffers. Ja, na dit was als net heeltemal oortollig en losbandig. Al wat mens nou het om te wys na so ‘n rowwe aandjie is die gebroke flashbacks wat gestimuleer word deur die reuk van goedkoop handeroom wat in jou vel in gesmelt het. Wessel claim nogsteeds dat hy later die aand in die badkamer met die een Romanian opgehook het… hy ruik glad nie soos handeroom nie – I ain’t buying it.

Wessel probeer daai blonde girl
se pose in sy kop in brand.

Money well spent, of hoe?

 

Share

16 9 11

|VITAMIENE EN PIE

Wat presies sou jy sê tel as ‘n noodgeval in ‘n lift? En op watter stadium sal gebruik van die nood stop knoppie enigsins sin maak? Hoekom sal mens possibly terwyl jy in a werkende lift is wil hê dit moet stop? “Hey, oh nee, hierdie man is besig om ‘n hartaanval te hê, vinnig stop die lift!” Ja dis ‘n great idee, nou kan ons meer tyd in die boks spandeer en minder tyd besig om hom by die hospitaal uit te kry.

Ek’s omgrens met die reuk van iets tussen ‘n aftree-oord, blikkies kos en mot gif… Moes maar die trappe gevat het.

Share

15 9 11

|UILTJIE KNIP

So dinge het mos nou lekker uitgewerk gisteraand met my klasmaat met die stywe boudjies! Die downside, wel, daar’s nou nie eintlik ‘n downside nie, maar nie regtig enige dos gekry nie, so Prof. Kerkhoven se nimmer eindigende, lae frekwensie ramble
lei tot narcolepsy. Hoekom is dit dat ‘n slapie inni klas altyd van ‘n hoë standaard is? En toe die pyn – ‘n lekker vet stuk kryt teen my voorkop courtesy of Kerkhoven, thanks bra… Hy skree, ek smile. Hy skree meer, ek smile breer.

Rage is nie ‘n goeie look vir hom nie. Kla hom aan? Nee wat, dis nou maar net ‘n duidelike sign. Tyd vir aksie.

Kerkhoven: Jy weet seker nie hoe om lekker die internet te gebruik nie so ek neem nou die geleentheid om dit openlik uit te spreek. Jou outomatiese veronderstelling dat almal ‘n idioot is hinder jou vermoë om ‘n noemenswaardige indruk in enige iemand se kop te los, insluitende myne. Moenie my onderskat nie oom.

Ek dink dis veilig om aan te neem dat daar ten minste 50 ander brandblussers op kampus is, nē?

Share

14 9 11

|BANALE AKTIWITEITE

‘n Uur en vyftien minute in die eksamen in – om te sê ek‘s besig om dit heeltemal te wax is‘n understatement. Wat ek wel uit gefigure het in hierdie begrafplaas van dull idees, is dat my visie nooit in hierdie institusie verstaan sal word nie. Ek moet seker meer omgee, maar die prioriteite in my wêreld is heelwat anders as pappa s’n. Hy moet regtig teen die tyd al weet dat elke genius ‘n unconditional support structure nodig het. Hierdie plus minus huiswerk is soul destroying. Dinge waaraan ek eerder aandag wil gee is drie rye terug en sy’t ‘n woelige broekie aan vandag, hoor.

Kind van die 80’s

Ja, ek gaan totally deur ou
eksamens werk.
Share